| Dedication | |||
Sumitted by Rfn. J Lourens, 78331881BT, schoolmate of Andre Weideman. Weideman died in a Buffel accident on the Oshakati- Ruacana road,Ovambo: 1982. We trained together at 8 SAI Upington in '81, then got posted to 6 SAI Grahamstown, from there to 52 Bn. Sector 10, Ovambo. Late one afternoon Weideman's Buffel overturned, while suddenly braking, we were hastily on our way to our new base, Concor. Weideman got crushed by the buffel, a lot of the other section leaders got serioulsly injured and maimed. They were not strapped in. I helped to drag his body from underneath that vehicle..... SO, ANDRE, NET OM VIR JOU TE SE, DIT IS NOU 22 JAAR GELEDE, MAAR EK DINK NOG VANDAG AAN JOU, SO OOK AL ONS ANDER MAKKERS WAT SAAM MET JOU AGTERGEBLY HET. EK DINK AAN JOU OMDAT JY NOOIT DIE GELEENTHEID GEHAD HET OM TE KON TROU OF 'N GESIN TE KON HE NIE, MAAR JOU LEWE NEERGELE HET VIR ONS LAND. CHEERS OUBOET, ELKE JAAR VIR DIE RES VAN MY LEWE SALUEER EK JULLE OP "REMEMBERANCE" DAG! |
|||
| Dedicated By |
Email Address |
Date Added | Gravatar |
| Jaap Lourens | lourensj@sentech.co.za | 2003-02-27 15:29:29 | |
| Dedication | |||
My name is Ivan Paterson RFN 76308972BG - I was sitting on the left of L/C Weideman (Weids) in the buffel on that fateful day - 31 December 1982. I can remember it as clearly today as it happened that afternoon. In the beginning I did not always get along with Weids - him being a section leader and me just an old troopie, but as time went by he ended up with our group and often sectioned off with me, and when we prepared our evening meals or our morning 1 lrt coffee over the esbit stove - we always spoke about what we were going to do when we get home. Like me he also worked for a bank -Volkskas -(if I remember correctly) and we were getting paid while we were in the army - so the main topic of conversation was - how we were going to spend all this money, he would tell me the stories about his jorling days before the army and those during - he even related the one about his train adventure. Yes I remember you well my friend - from Patty with the catty |
|||
| Dedicated By |
Email Address |
Date Added | Gravatar |
| Ivan Paterson | scampie2000@hotmail.com | 2005-01-13 15:57:39 | |
| Dedication | |||
Hierdie is vir Andre Weideman en vir die ander van ons kamerade wat in die grensoorlog in 1982-1983 gesterf het, maar ook vir die res van die jong manne wie se name op die gedenksteen by Fort Klapperkop is. Andre, dis is nou bykans 25 jaar gelede wat jy gesterf het, en ons jou liggaam onder die Buffel uitgehaal het. Weet dat ek nog basies elke dag aan julle dink en twee keer per jaar gaan sit ons blomme neer vir julle. Ek sal op Sondag die 21ste Januarie vir jou en Diaz en die ander ou drie rooi rose gaan neersit tydens ons parade by Klapperkop. Maar ook vir al julle ander manne wat nie weer saam terug gekom het nie, sal ons trane stort, vir nou en solank ek nog by die gedenksteen kan uitkom. Ons dink daaraan dat julle noiit die genot van 'n eie gesin kon he nie. Sktr. M.J Loures 78331881BT Suid- Afrikaanse Infanterie Korps: 1981- 1993 |
|||
| Dedicated By |
Email Address |
Date Added | Gravatar |
| Jaap Lourens. | lourensj@sentech.co.za | 2007-01-12 09:56:24 | |
| Dedication | |||
My naam is Morne Weideman jongste broer van Andre Weideman. Wil net baie baie dankie se vir al die mooi "dedications". Andre sou vandag sy 46ste vejaarsdag gevier het. Ek en my familie het vandag die geleentheid gehad danksy Jaap Lourens om die gedenkdiens by Fort Klapperkop by te woon en was dit nie n fantastiese manier om Weids se verjaaarsdag te vier nie. Dankie van die hele Weideman familie aan almal wat my broer nooit vergeet het nie en sy herinniring laat voortleef. Happy b'day my Boeta - lief jou altyd. |
|||
| Dedicated By |
Email Address |
Date Added | Gravatar |
| Morne Weideman | mweideman@vodamail.co.za | 2008-01-20 13:59:29 | |
| Dedication | |||
Wel dit is nou bykans 26 jaar gelede wat Andre dood is in 'n oorlog wat grotendeels ( gerieflik ) vergete is, behalwe vir die wat daar geveg het, alhoewel dit Suid- Afrika se langste oorlog ooit was.. Dit was 'n wonderlike geleentheid om die parade op Fort Klapperkop op 20 Jan 2008 by te woon en 'n baie gepaste manier om dit op sy verjaardag te doen. Andre, daar is baie van die manne wat onthou, en nooit sal vergeet nie. Ek sal jaarliks namens hulle en jou familie, net soos ek al so lank doen, op daardie dag die parade bywoon, om jou, en al die manne wie se name op die stene daar staan, te gedenk. Daar is soveel van die jong manne wie se families, nes joue, alles sou wou gee as hulle jou kon terug he. Dit was hartseer maar 'n goeie ding vir jou familie om daar te wees.. Jou tyd was reg om te gaan, die Heer het jou die geleentheid gegee om Hom te leer ken voor Hy jou weggeroep het. Die liggaam is maar net aards en sterflik, maar die siel wat Hy ons gegee het, leef vir ewig. Ek weet jy was nie baie lief vir die SAW en Seuns nie, maar tog het jy die hoogste prys betaal. Miskien sal ons eendag weer stories van die grens deel en saam lag oor al die pret wat ons as jong manne daar gehad het. Tot dan het ons ouens hier onder nog so paar jaar om te gaan! Ons is almal trots om vir ons land iets te kon beteken. Tot weersiens! Sktr. M.J Lourens 78331991BT |
|||
| Dedicated By |
Email Address |
Date Added | Gravatar |
| Jaap lourens | lourensj@sentech.co.za | 2008-01-24 08:58:23 | |
| Story | |||
My naam is Jaap Lourens, radio operateur vir Pel.3 D- Komp, 6 SAI, soos in 1981 - 83. Weideman en ek het saam in 1980 aan die Hoerskool Florida gematrikuleer, en daarna saam opgeroep in 1981 vir diensplig te 8 SAI, Upington, waar ons Basies en vakopleiding voltooi het, en laat'81 is ons na 6 SAI op Grahamstad verplaas, as 'n kompanie in geheel. Vroeg in 1982 is ons in Ovamboland, 52 Battaljon, Sektor 10 te Okalongo ontplooi. Laat '82 het ons vir 'n paar dae tuisverlof gehad, en by ons terugkeer in Ovamboland, soos gewoonlik weer 'n week of twee op Oshivelo opleiding gedoen, voor ons na ons volgende basis, Concor op die pad na Ruacana ontplooi sou word. Ons kompanie bevelvoerder was 'n Maj. Shoam,'n ongure man, wat min tyd vir sy troepe gehad het, en hy het vooruit, teen hoe spoed vertrek, om eerste die basis te bereik. Die res van die konvooi Buffels het teen hoe spoed moes ry om te probeer by bly, en soos gewoonlik was niemand van ons vasgegordel nie. Ons Buffel het 'n treiler met kit agter aan gehak gehad, en op 'n gedeelte van die pad wat geteer was, was daar klein stormwater bruggies, vol sand. "n Slaapsak het van ons treiler geval, en die Buffel drywer agter ons het skerp gerem. Die Buffel agter hom was te naby, die een met Weideman en die ander seksie-leiers op, wat ook nie vasgegordel was nie. Die gevolg was dat hulle voertuig ge-knipmes het, en deur die stof kon ek die Buffel omtrent 4m hoog deur die lug sien trek. Die voertuig het reg op Weideman se kop geval, en hy is op slag dood. Van die ander seksie- leiers is ook erg beseer. Hoe ons dit gedoen het weet ek nie, maar ons het die Buffel opgetel, en ons het sy liggaam uitgesleep. Vandag 22 jaar na die voorval, onthou ek dit steeds baie goed, en ek dink gereeld aan ons makkers wat nooit terug gekom het, gestudeer, getrou en kinders kon he, wat eendag vir hulle seuns stories van die Grensoorlog kon vertel nie. Ook aan die 100de ander wat ek nie eers geken het nie, maar ons almal wat bereid was om vir ons land bloed te stort, is ons almal Broers. Ek salueer julle almal, al het ek julle nie geken nie, maar sal julle altyd onthou. Ek en duisende ander was gelukkig om lewendig terug te kom, maar tog, in ons lewens, was dit een ondervinding wat geen geld ooit sou kon koop nie. |
|||
| Added By | Email Address | Date Added | Gravatar |
| Jaap lourens | lourensj@sentech.co.za | 2003-10-24 11:55:05 | |
| Story | |||
EK CARL TRAHMS WAS SAAM MET WEIDEMAN IN DIE SEKIE EN SAAM MET HOM OP DIE BUFFEL TOE DIT GEROL HET. ONS ALMAL WAS SAAM OP DIE BUFFEL EN VASGEGORDEL.WEIDEMAN EN DIE SEKSIELEIER WAS NIE WAS GEGORDEL NIE. DIE DRYWER HET HARD GEREM VIR N VOERTUIG VOOR ONS EN DIE SLEEPWA HET GEJACKKNIVE EN DIE GEWIG VAN DIE SLEEPWA WAS SWAARDER AS DIE BUFFEL EN ONS HET GEROL.DIE ROL WAS ERG EN WEIDS HET UITGEVAL. DIE BUFFEL HET AMPER OP SY VOETE GELAND MAAR HET TERUGGEVAL OP WEIDS. HY HET NIE N MERK OP HOM GEHAD NIE EN EK KON NIE GLO HY WAS DOOD NIE. DIT WAS ERG. EK ONTHOU DIE MEISIE WAT HY VOOR SY DOOD GEHAD HET.HY WAS BITTER LIEF VIR HAAR EN SY WAS BAIE MOOI EN ENGELS AS EK REG KON ONTHOU. EK SALUEER HOM EN SY OUERS VANDAG WANT EK WEET HULLE WAS BAIE LIEF VIR HOM EN EK WEET DIE SEER WAT DAAR IS KAN NET NOOIT GENEES NIE. |
|||
| Added By | Email Address | Date Added | Gravatar |
| L/KPR CARL TRAHMS | smhart@xsinet.co.za | 2006-08-20 21:05:08 | |
| Story | |||
Ek, John Lombard was een van Weids se persoonlike vriende en as ek vandag hier moet sit en vertel van wat ons alles saam beleef het gaan die brief te lank wees. Ek was een van hulle wat eerste op die toneel was. Waar ons die krag gekry het om daardie buffel op te tel weet ek nie. Ek het reg langs hom gestaan terwyl die buffel opgetel word en ek sien nou nog sy kop wat so skud op die grond toe hulle hom uit trek en iemand se hy is dood. Weids ek het nog nie een ou jaar beleef wat ek nie aan jou dink wat daardie middag 16H40 gebeur het nie. Ek wens ek kon alles deel wat jy met my gedeel het hier vir ander om te hoor. Maar daar sit die trane te veel. Ek was bevoor reg om sy begrafnis by te woon en ek glo die hele Kompanje wou daar wees. Maar ons was almal daar op parade toe ons die gedenksteen in gehuldig het. Wat n dag en met groot hartseer kon ons jou salueer. Ek dink baie aan sy ouers en wat hulle my vertel het. Weids jy was spesiaal. Die belangrikste was dat jy jou hart vir God gegee het en dit is my berusting. Man ons kon darem lekker darts gespeel het. Daar het ek en hy gerule. Weids mis jou. |
|||
| Added By | Email Address | Date Added | Gravatar |
| John Lombard | johnlombaard@yahoo.com.au | 2007-07-09 12:08:50 | |
| Story | |||
My naam is Morne Weideman jongste broer van Andre Weideman. Wil net baie baie dankie se vir al die mooi "dedications". Andre sou vandag sy 46ste vejaarsdag gevier het. Ek en my familie het vandag die geleentheid gehad danksy Jaap Lourens om die |
|||
| Added By | Email Address | Date Added | Gravatar |
| Morne Weideman | mweideman@vodamail.co.za | 2008-01-20 14:06:50 | |
| Story | |||
| Andre, vanjaar is ons 30 jaar re-unie by Florries..ons het jou naam op die gedenkblad van ons skoolgroep gesit, dis nou 28 jaar gelede dat jy dood is, jou foto is ook op die klasfotos, ons was so vol lag en grappe en bollie droogmaak. Jou naam is ook op die mooi nuwe gedenkmuur by die Voortrekker Monument. Rus in vrede ou vriend, ons sal jou nie vergeet nie. | |||
| Added By | Email Address | Date Added | Gravatar |
| Jaap Lourens 78331881BT | lourensj@sentech.co.za | 2010-03-17 10:46:33 | |
| Story | |||
| Ons het nou 'n mooi gedenk-muur by die Voortrekker Monument vir die manne, in die lekker sonskyn en vo?ltjies wat in die bome sing, en 'n jaarlikse parade vir die manne wat se name op die muur is. | |||
| Added By | Email Address | Date Added | Gravatar |
| Jaap Lourens | lourensj@sentech.co.za | 2011-08-01 10:51:46 | |
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Upload a new Image |
![South African Roll of Honour: View Person Information [Weideman, A.C., L-Cpl] (1639)](assets/banner/view_person.png)


















