Awards Unknown
I have no information on what awards (if any) this person received.
Please email any information you have on the awards of this person to John Dovey (john@justdone.co.za)
| Dedication | |||
Michiel Labuschagne Kruger. His comrades called him 'Fingers' ('Vingers') and to his family he was known as 'Tsotsi'. Sadly missed by all. |
|||
| Dedicated By |
Email Address |
Date Added | Gravatar |
| Alta Griffiths | alta@pinnaclespot.co.za | 2006-03-21 13:30:36 | |
| Story | |||
Operasie Kropduif (die aanval op Eheke) op 28 Oktober 1977, sou die donkerste dag in die geskiedenis van die Suid Afrikaanse Spesiale Magte se bestaan wees. Nadat die Suid Afrikaners aan Angola onttrek het in 1976, sou Swapo die geleentheid gebruik om operasionele basisse bykans teen die SWA grens te vestig. Hierdie basisse is vanaf twee groter streeks hoofkwartiere ondersteun. Cassinga sou die sentrale deel van Swapo se aanvalle op die SWA grens ondersteun, en Eheke die oostelike deel van Owamboland en die Kavango. Daar is besluit om Eheke eerste aan te val. Drie kompanies van die nuwe 32 Batteljon sou te voet oor die grens, en Eheke vanaf die suide aanval. Op dieselfde tyd sou 'n groep van die Verkennings Kommando's, noord van Eheke afgeooi word, en met eerstelig die basis uit die noorde aanval. Alles het van die begin verkeerd gegaan. Die Spesiale Magte is sowat 15 kilometer te ver noord uit die vliegtuie gelaat. Om dinge verder te kompliseer was die terrein plat en sonder bakens. Eers teen dagbreek was die verkenners in 'n situasie om sinvol te kon navigeer. Toe Drie Twee nog ook halfpad na die teiken, teen 'n verwoede Swapo mag vasloop is daar met reg gevra of die operasie nie afgelas moes word nie. Ook veterane soos Sers Maj FC van Zyl vra vrae. Die bevelvoerende offisier Brig Gleeson, in Rundu het teen die beter wete van die grond bevelvoerders besluit dat die operasie moes voortgaan. Toe gebeur 'n volgende tragedie. Eheke het uit 'n groter kompleks bestaan as wat die foto interpretasie kenners raak gesien het. Behalwe vir die basis in die suide was daar ook 'n basis in die noord ooste. Hierdie kompleks is totaal misgekyk. Teen drie uur die middag loop die verkenners in 'n trop beeste vas. Die veld was bebos maar onder is die hout en dekking verwyder. Die bees wagtertjie wys na die loopgrawe voor hulle. Die Operateurs vorm 'n linie met die ondersteunings groepe na agter. Aan die linkerkantste buite flank is Michiel 'Vingers' Kruger met 'n RPG, dan aan sy binnekant, Gert Eksteen met 'n LMG, dan FC van Zyl, Wentzel Marx met 'n LMG, Gary Walker met 'n RPG, Grant Clark, nog een, dan Antonie Badenhorst en dan Luit Chris Strydom. Aan hulle regterkant is nog groepe besig om vorentoe te beweeg. Dan bars alle hel los. Die seksie aan die linker flank het vasgeloop in die deel waar die basis se loopgrawe 90 grade wegswaai van die lyn van die aanval. In plaas daarvan dat hulle soos die res van die aanval die vyand frontaal aanval, loop hulle hulle vas in 'n vuur nie net van voor nie maar ook van die kant. Amper soort van verby die loopgrawe geloop!! Hierdie toeloop van gebeure sou die lewe van ses jong mans kos. Letterlik binne sekondes. Die eerste om te val was FC van Zyl, die man wat die res van die seksie geinspireer het toe niemand meer lus was nie. Bykans op dieselfde oomblik sterf Vingers Kruger, die man heel buite op die flank. Tussen hulle twee stoor Gert Eksteen se LMG. Hy gaan sit op sy hurke om sy wapen se probleem uit te sorteer. Toe sy regterhand aan sy wapen raak, skiet 'n projektiel hom net bokant sy regter middelvinger deur sy hand. Sy wapen ook stukkend. Aan die regterkant gaan dit nie beter nie. Wentzel Marx, Gary Walker, Grant Clark, Antonie Badenhorts sneuwel almal. Luit Strydom word ook gewond. Gert Eksteen het nerens om heen te gaan nie. Hy haal sy pistool uit en veg met sy linkerhand verder. Op 'n stadium word twee van die ander groep deur 'n RPD masjien geweer vas gepen. Hulle kan hom nie raak skiet waar hy agter 'n boom le nie. Toe die gunner weer om die boom kruip skiet Gert Eksteen hom met sy pistool dood. Met durf en determinasie veg die aanvallers teen die oormag en wen stukkie vir stukkie die stryd. Gert Eksteen is nie meer nodig nie. Sy hand bloei te veel. Hy beweeg terug, waar hy Kapt Meerholz aantref met 'n skoot deur die been. Hy help Meerholz so aba-aba terug na die mediese pos. By die mediese pos pluk hy sy middelvinger wat net aan 'n velletjie hang af en gooi dit in die Angolse stof. Sy hand word verbind. Hy gaan terug na sy gesneuwelde makkers en bring hulle een vir een terug. Ek glo nie Gert Eksteen het die storie ooit vroeer aan enige iemand vertel, voor die Maandag aand in Januarie 2004. 'Ek het my hand by die werk in 'n ongeluk seergemaak' sou hy altyd se as iemand hom vra. Meer wou ek nie vra nie. Ek was op 'n baie persoonlike en privaat gebied. Maar ek is dankbaar. Helde almal van hulle, maar medaljes word ongelukkig nie in getalle toegeken nie, al is die dapperes ook 'n seksie van agt Recces. Hulle kon maar vir almal van hulle gegee het. Daardie dag is net 3 Honoris Crux toegeken. Corrie Meerholz sou een kry. |
|||
| Added By | Email Address | Date Added | Gravatar |
| Leon | leonbez@lantic.net | 2007-02-12 20:59:15 | |
| Story | |||
| M Le Grange | |||
| Added By | Email Address | Date Added | Gravatar |
| M.LeGrange | 9949 | 2008-05-01 22:34:42 | |
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Upload a new Image |
![South African Roll of Honour: View Person Information [Kruger, M.L., Sgt] (751)](assets/banner/view_person.png)

















