Person Information
[Hawkins, W.J., Sgt]
Details of the Person
Person
Number
566
Surname Hawkins  (19) Initals W.J. Views 1903
Date 1985-05-21 (5) Date of Birth 1955-05-04 Corps SAAF
Year 1985 (106) Place Pretoria
Full Names Wynand Jacobus Military
Number
71423008PE Death Age 30 (30)
Cause Detail
Cemetery Grave
War BORDER SWA/Namibia Border War
Unit LUGWater (1)
Airforce Base Waterkloof
Rank
Sargeant
Rank Sgt (979)
Description Sargeant
Address Sarge, Sergeant
Awards
List of Known Awards
Honoris Crux
HC
Honoris Crux
Pro Patria Medal
PP
Pro Patria Medal
Dedications
List of Dedications
Dedication
From his gravestone in VTH Cemetery: "Sy plek is leeg. Sy stem is stil. Ons Swyg, O Heer, Dit was U Wil."
Dedicated
By
Email
Address
Date Added Gravatar
John Dovey john@justdone.co.za 2005-05-21 21:11:23 Gravatar Image
Dedication

Pa, al het ek jou nooit geken nie, sal jy altyd in my hart wees en ek weet jy kyk oor ons van bo, van jou seun

Dedicated
By
Email
Address
Date Added Gravatar
WJ Hawkins jnr vukameter@iafrica.com 2006-11-12 09:14:42 Gravatar Image
Dedication
I was not born yet when the accident happened but my dad, who is one of the firemen who was injured in the blaze (Amn. C van den Heever) always told me about Sgt. shorty and that he was a great man.
Dedicated
By
Email
Address
Date Added Gravatar
Christiaan van den Heever cp@lavenderestates.co.za 2008-12-08 19:20:04 Gravatar Image
Dedication

WJ Hawkins (566) was stationed at Waterkloof Base, Pretoria when he lost his life in a tragic accident at the Sasol Depot in May 1985. A man who gave his life for his family, friends and country. He gave his best to the end, never considering himself. Dedicated to the brave service he delivered. A hero's journey continues through his son.

He was rewarded the Honoris Crux for Service & Bravery 1978/1979 for the SWA/Angola Border War. (Golden with old RSA flag on).

Dedicated
By
Email
Address
Date Added Gravatar
Rene Ludick ablebrokers@telkomsa.net 2007-05-08 11:17:32 Gravatar Image
Dedication

Wynand, ek hoop dit als gee vir jou 'n kykie in Pa se lewe, ek weet hy sou BAIE trots gewees het op jou. Julle sou lekker saam gekuier het, braai en 'n rokie gemaak het! Die ooreenkoms is so opvallend tussen jou en pa. Jou belangstellings is presies dieselfde as pa sin. Brandweer, ambulans en n grapjas van vormaat! Jy is n Hawkins deur en deur, en jy kan trots wees, ek weet ek is. Dankie Jesus vir 'n goeie pa, bewaar hom tot in lente van dae.

Dedicated
By
Email
Address
Date Added Gravatar
Adele Hawkins Koen ablebrokers@telkomsa.net 2007-05-18 14:52:21 Gravatar Image
Dedication

Ek wil dankie se vir die Hawkins familie dat ek die geleentheid gehad het om die verhaal, hartseer en geluk te kon volg oor so 'n besonderse mens. Wynand, hoe meer ek oor jou pa geleer het, hoe meer het ek besef hoeveel van hom daar in jou is! Die fotos, stories en al die mooi herinneringe het my oorweldig, en ek het voor iets groter as net n mens te staan gekom. In elkeen van julle is jou pa, en ek voel net eer om hierin te kon deel. Ek glo hy leef voort deur jou!

Dedicated
By
Email
Address
Date Added Gravatar
Rene Ludick ablebrokers@telkomsa.net 2007-05-18 15:10:29 Gravatar Image
Dedication
Spend all your time waiting For that second chance For a break that would make it okay There?s always one reason To feel not good enough And it?s hard at the end of the day I need some distraction Oh beautiful release Memory seeps from my veins Let me be empty And weightless and maybe I?ll find some peace tonight In the arms of an angel Fly away from here From this dark cold hotel room And the endlessness that you fear You are pulled from the wreckage Of your silent reverie You?re in the arms of the angel May you find some comfort there So tired of the straight line And everywhere you turn There?s vultures and thieves at your back And the storm keeps on twisting You keep on building the lie That you make up for all that you lack It don?t make no difference Escaping one last time It?s easier to believe in this sweet madness oh This glorious sadness that brings me to my knees In the arms of an angel Fly away from here From this dark cold hotel room And the endlessness that you fear You are pulled from the wreckage Of your silent reverie You?re in the arms of the angel May you find some comfort there You?re in the arms of the angel May you find some comfort here
Dedicated
By
Email
Address
Date Added Gravatar
W.J. Hawkins vukameter@iafrika.com 2007-06-29 11:42:25 Gravatar Image
Stories
List of Stories
Story

A man who gave his life for his family, friends and country. He gave his best to the end, never considering himself, dedicated to the brave service he delivered upon all!

A true hero, you live through your son ... a dedicated young man with his father's soul (a picture of you inside and out).

Added By Email Address Date Added Gravatar
Admirer admirer@lantic.net 2007-03-27 12:39:32 Gravatar Image
Story
Pappa, Dis vandag Pappa se verjaarsdag, en ek wens en verlang met my hele hart dat ek vanoggend vir pappa n stywe drukkie kon gee en vir pappa kon se; Gelukkige verjaarsdag, en dat liewe Jesus pappa nog lank vir ons almal moet spaar. Ek wens ek kon vir pappa se hoe lief ek pappa het, en hoe baie ek verlang! Ek wens ek kon weer op pappa se skoot sit as ek nie lekker voel en weet dat pappa alles sal beter maak. Pappa, jy is en sal altyd my held bly, en die grootste wens van my hart is dat pappa en Wynand net vir een dag bymekaar kon wees, pappa sou regtig so trots op pappa se seun gewees het. Hy verdien om na pappa vernoem te word! Pappa, ek is en sal ook altyd baie lief wees vir pappa en ek verlang elke dag van my lewe na pappa. Ek weet pappa is op n beter plek, en dat ons almal (mamma, pappa, Adele, ek en Wynand) weer eendag bymekaar sal wees. Ek bere pappa in n baie spesiale gedeelte van my hart, waar niemand my herinneringe kan wegvat nie. Pappa se klein dogtertjie vir altyd, Lizelle XXX
Added By Email Address Date Added Gravatar
Lizelle Hawkins ablebrokers@telkomsa.net 2007-05-22 10:02:10 Gravatar Image
Story

Sersant Wynand Jacobus Hawkins: Wynand het in 1977 by die lugmag brandweer aangesluit na 4 jaar by die Pretoria Brandweer, en as korporaal na Langebaan verhuis waar hy vir 2 jaar gestationeer was. Einde 1977 meld hy aan vir Grens Diens te Grootfontein. Hy het bevordering ontvang tot Sersant in 1978, en ontvang die Honoris Crux vir dapperheid.

In 1979 word hy verplaas na Devon, en einde 1979 meld hy weer aan by Grootfontein. 1981 word Sersant Hawkins weer verplaas na Waterkloof Lugmag Basis, en lewer weer grens diens in 1983 by Omega Basis.

Op 21 Mei 1985 is hy oorlede in 'n brand by die Sasol Depot in Pretoria Wes.

"Hy was 'n godvresende man en het 'n hart van goud gehad. Wynand was 'n wonder man vir my en 'n goeie pa vir sy 2 dogters op daardie stadium. Niks was ooit te veel vir hom nie, hy was baie behulpsaam en 'n geliefde persoon. Sy oorlede pa het altyd gese "Jy is my tjom, my beste tjom in die wereld"."

Added By Email Address Date Added Gravatar
Kirsten Hawkins 2007-05-18 14:11:00 Gravatar Image
Story

Vir n beter Pa sou ek nie kon vra. Met my geboorte, en elke mylpaal in my jong lewe, tot koffie in die bed was hy daar vir my en aan my ma se sy. Pa was soms streng, maar regverdig. Saam het ma en pa my geleer van liefde, respek en eerbied vir mekaar, en vir God.

Pa was altyd reg met n grappie of twee, veral met Ouma en Oupa Hawkins! Ons het baie daar gekuier en gebraai. Dit was Pa se lewe. Hy het altyd baie liefde en wedersydse respek teenoor sy ouers getoon.

My pa moes baie weg gaan grens toe, dan was sy klossie (my bynaam) baie siek, sommer vir dae aaneen. Ek het altyd geweet hy kom terug met ietsie mooi vir my.

Toe Lizelle gebore is, was pa baie trots. Ons was 'n gesinnetjie van vier. Maar diep in sy hart het hy gehinker na 'n seun ook, min wetend dat hy wel eendag sy seun sou kry!

Pa was n man van durf en daat. Een aand is ons almal saam geroep en die nuus gekry, dat ons 'n boetie of sussie gaan kry, ons was so opgewonde! Pa was so trots, en ons het gewag en gewag.

Tot daardie tragiese dag. Ek is by die skool kom haal, en ma het gese "my bokkie jy moet sterk wees", en ek wou weet waar my pa is? ek het net geweet. Verder het alles net te vinnig gebeur. Almal het net gese dit was 'n ongeluk, hy het onherkenbaar verbrand. Ek moet hom onthou soos hy was! Ek mag hom nie gesien het nie, ek kon nie afskeid neem nie. Dit was te veel vir my!! Die begrafnis was vol milkier. Brandweerwaens, kanonskote, en almal wat eerbiedig afskeid neem van 'n geliefde vriend, eggenoot en pappa. Als het gevoel of dit tot stilstand gekom het. In die kort tydjie wat ek gehad he tom hom as my pa te ken, was hy my held!

Added By Email Address Date Added Gravatar
Adele (Hawkins) Koen 2007-05-18 14:40:48 Gravatar Image
Story
Vir die gene wat nie reeds die verhaal van Sersant Wynand Hawkins ken nie: Soos sy dogters hom beskryf; n Man van durf en daad se Adele, en n Pa wat als beter kon beter maak onthou Lizelle. Sy vrou het hom geken as n man wat die lewe vierkantig in die oe kon staar, vir geen oomblik sou terugdeins, maar altyd Godvresend bly staan het. Hierdie man het sy lewe op die spel geplaas om ander te dien, sy land, sy gesin en familie, maar ook sy naaste. Sy nederigheid is net n wonder, want met die inbors van n kryger, en die hand en hart van n seun, pa en eggenoot is dit die kombinasie wat jy selde indien ooit sou teekom. Wynand Jacobus Hawkins is in Pretoria gebore, sy Pa het hom as beste vriend en seun geken. Vandag nog dink sy Ma met tere herinnering aan haar geliefde seun wat soveel vreugde en trots aan hul besorg het. Van sy dae as skool seun aan Laerskool Tuinrand, tot sy Hoerskool loopbaan by Tuine was Wynand doelgerig en wou hy reeds brandweerman word. So het Wynand se loopbaan ontluik tot hy na Waterkloof Basis verplaas is, en die oggend van 21 Mei 1985 van sy gesin afskeid geneem het met die woorde SIEN JOU MORE OGGEND. Die ontploffing by Sasol in Pretoria Wes het die Pathfinder binne sekondes in vlamme gehul en uitgebrand. Sersant Hawkins, Kpl. Clenche en Lugman Knoetze het in die ontploffing gesterf. 25 Mei 1985 is hy in die Nuwe Helde Akker in Pretoria begrawe. Sersant Hawkins het 12 jaar sy lewe gewaag, sy dogters en vrou agtergelaat, maar ook sy ongebore seun waarvoor hul gewag het. Vandag leef die herinnering aan Sersant Wynand Hawkins voort, deur sy dogters, maar ook in besliste tred deur sy seun Wynand Hawkins Jnr.
Added By Email Address Date Added Gravatar
Rene Ludick 2007-05-22 14:27:37 Gravatar Image
Images
List of Images
Adele Hawkins at her fathers service.   Sersant. Hawkins met Adele.   Wynand Hawkins Jnr.   Family at Grave   Gravestone     Lizelle and Adele Hawkins at Graveside   WJ Hawkins Gravestone   WJ Hawkins Jnr and K Hawkins at Graveside   Training   Funeral   Adele en Lizelle het hul Pa geken as n man wat sy diens gelewer het, maar ook as hul liefdevolle Pa.   Fire Engine   Pro-Patria Medal: For operational service in defence of SA or in the prevention or suppression of terrorism. Issued for the Border War (counter-insurgency operations in South West Africa 1966-89) and for campaigns in Angola (1975-76 and 1987-88).   Lugmag skuimwerper waarin drie brandweermanne gesterf het 21/5/1985. 12 Jaar het Sers. Wynand Hawkins sy lewe gewaag om mense van  n vuurdood te red, gevolglik het hy sy eie lewe prys gegee. Van kleintyd af as skoolseun aan Tuinrand was dit sy droom    Brandweerman kry sy seun :Die seun waarvoor Sers. Wynand Hawkins gewag het, is Sondag  8/9/1985 gebore, en is dan ook na sy pa vernoem. Wynand Hawkins Jnr het in George grootgeword soos Mev. Kirsten Hawkins haar beplanning in die berig oorgedra het.   Sers. Wynand Hawkins ontvang die Honoris Crux medalje vir diens in SWA/Namibia operasionele area.   Lizelle Hawkins (5) as she left the church at Tek Base, where the service was held for Srg. Hawkins 25/5/1985.   Firefighter training   Sgt. Hawkins with his wife and 2 daughters. He was a dedicated family man.   Sersant Hawkins se diens was in volle eer uitgevoer.         Opleiding en oefen sessies.     The heat and flames of the explosion incinerated the SAAF Pathfinder within seconds. Sgt. Hawkins was Permanent Force, and a highly trained firefighter.   Fort Klapperkop Memorial - Wall of Remembrance
List of Images
Person Number Name
183 [Butler, W.S., Sgt]
220 [Clench, D.G., T-Cpl]
236 [Coetzee, L.J., Sgt]
520 [Gouws, W.J., Sgt]
566 [Hawkins, W.J., Sgt]
569 [Heathcote, C., Gnr]
575 [Helm, H.C., Tpr]
715 [Knoetze, M.S., Amn]
842 [Louw, J.F., Vknr]
936 [McLeod, C., Capt]
1048 [Nell, B.A., Amn]
1195 [Rautenbach, R.J., Gnr]
1219 [Rodell, R.R, Lt]
1649 [Wessels, J.P., Maj]
Burnt out fire-engine   Gravestone in the VTH Cemetry  
Upload a new Image
QR Code